
ONS STORIE

Hallo,
Ons is Werner & Rozanne Kahts, 'n getroude paartjie uit die hartjie van Pretoria uit. Ons het mekaar jare gelede in die kerk-orkes ontmoet en is in 2012 getroud.
Ons musiek is sielvol, romanties en warm. Ons sing liefdesdeuntjies - van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel.

DIE ARGIEWE
Die Ouskool tipe.
Vir die afgelope 9 jaar het ons as 'Akoestiek', 'n bruilofsduo, bekend gestaan en in 2026 is ons nuwe hartsprojek, 'Hey Lief', gebore met die hoop om liefdesmusiek oor die grense van bruilofsfeeste te neem.
Jy wonder dalk, 'Hoekom 'Hey Lief''? Want ons skryf & sing oor die liefde. Die ouskool tipe. Die egte tipe wat nie sommer vergaan nie, wat stewig geanker staan, ongeag wind of weer.
Ons hoop is om jou weer te inspireer om in ware liefde te glo.












